Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
In die vervolg op Die 7 kristalballe lei Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn se soektog na professor Sonneblom hulle na Callao in Suid-Amerika. Met die lemoenverkopertjie Zorrino se hulp spoor hulle die Sontempel op, waar die professor gevange gehou word. Maar die kultus wat hom ontvoer het, het wraak gesweer omdat die armband uit die graf van die Inka-koning Raskar Kapak in Sonneblom se besit gevind is. Boonop is die straf vir vreemdelinge wat die tempel binnedring die dood …