🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Avonture van Kuifie: Kuifie in Tibet Image 1
View Media Gallery
Avonture van Kuifie: Kuifie in Tibet Nav Image 1

Avonture van Kuifie: Kuifie in Tibet

$5.99 $6.99


Tags:

Afrikaans Age 10 - 13 Fiksie Kinders Protea
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as 'n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Kuifie in Tibet stort die vliegtuig waarop Kuifie se vriend Tjang is in die Himalajas neer. Daar is nie veel hoop dat enigiemand die ongeluk oorleef het nie. Kuifie droom egter dat Tjang steeds lewe en hy, Spokie en kaptein Sardijn besluit om Tjang te gaan soek. Aanvanklik sukkel hulle om gidse te kry om die tog saam met hulle aan te pak: Dit is 'n gevaarlike missie en die plaaslike mense glo dat die jeti in die omtrek is. Maar die verskriklike sneeuman bestaan mos nie werklik nie …