Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies.
Toe hulle op 'n dag met albasters speel, tel hulle 'n besonderse klip op - 'n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. Min wetend dat die klip later handig te pas sal kom …