Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om 'n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met 'n "Ek kan"-gesindheid die lewe vierkantig in die oe wil kyk. Hierdie titel is gerig op ouers en het 'n praktiese aanslag.
In 'n geselstrant neem die skrywer ouers deur die basiese aspekte van suksesvolle ouerskap, en hoe om 'n gesonde verhouding met jou kinders te bou en te handhaaf. Met hierdie titel sal jy leer om jou kinders te help om ’n meer effektiewe, oplossingsgeorienteerde manier van dink aan te leer. Die titel kweek "Ek kan"-kinders wat met positiewe oe na die lewe kyk.