Vir ouderdomme 8+ jaar. Kinders is mal oor drake, en hier is 'n aktiwiteitsboek ontwerp om hulle besig hou met allerhande draakverwante aktiwiteite! Hulle kan unieke vreesaanjaende draakkoppe skep, draakkaarte lees, ridder-en-draak-speletjies speel en raaisels oplos vir ure van drakejag-pret. Daar is ook plakkers, stensils, draakvelpapier, verbeeldingryke inkleurbladsye, tekenoefeninge en -wenke. Vind 'n skouspelagtige groot uitvou-draaktoneel in die middel van die boek, wat met plakkers versier kan word . . . en nog baie meer. Daar is selfs 'n kartondraak om te bou en sommer ook 'n regte ridder se swaard! Die Drake-kreatiwiteitboek is 'n skeppende speelboek wat kinders aanmoedig om kreatief te wees en hul verbeelding te gebruik, terwyl hulle die stimulerende speletjies speel en die aktiwiteite aanpak.