🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Elle-reeks Omnibus 3 Image 1
View Media Gallery
Elle-reeks Omnibus 3 Nav Image 1

Elle-reeks Omnibus 3

$13.00 $15.99


Tags:

Afrikaans Age 10 - 13 Age 13+ Fiksie Kinders Lapa


Categories:

Kinders: 13+ Jaar
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ’n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avontuur. In Pienk bikini gee die woord matriek vir Elle ’n knop in haar keel.

As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word. In Strikdans skop Elle se matriekjaar op ’n aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het ’n nuwe waarnemende skoolhoof wat ’n veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is – maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos …