Jason se ma het vir hom ’n boek gekoop. Die boek lê op die eetkamertafel. Maar Jason gaan dit beslis nie lees nie. O nee, hy het baie beter dinge om te doen. Maar dan seil ’n astrante bont wurm egter onverwags uit die boek ... en Jason word deel van ’n prettige storie-avontuur!
’n Lekker avontuurbelaaide leesboek vir beginners, met volkleur-illustrasies en ’n positiewe boodskap oor boeke wat selfs die traagste leser sal aanspoor om homself tussen die bladsye van ’n boek te begewe!