Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees?
'n Meevoerende prenteboek avontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.