Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur - maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en 'n uithaler sjokalade-toringkoek!