🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

David Walliams: Mnr Stink Image 1
View Media Gallery
David Walliams: Mnr Stink Nav Image 1

David Walliams: Mnr Stink

$8.00 $9.00


Tags:

Afrikaans Age 10 - 13 Fiksie Kinders Protea
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. ’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om ’n mens jou neus te laat optrek. Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was na alles ’n boemelaar. Hy het nie ’n huis gehad nie en kon hom nerens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie.

Chloe is seker die eensaamste meisie in die wereld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg – maar hy’s die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek! Maar Chloe gaan leer dat party geheime ’n manier het om op ’n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom …