'n Bloedrooi kappie, 'n goudgeel gifappel, drie krulsterte, 'n kat met stewels, 'n pampoen wat in 'n koets verander, 'n huisie van lekkers, en sewe klein bokkies ... Welkom in die wereld van sprokiesland! Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Klein Duimpie; Die Wolf en die Sewe Bokkies; Hansie en Grietjie; Die Gestewelde Kat; Aspoestertjie; Die Drie Varkies; Rooikappie.