🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Onthou Kos Image 1
View Media Gallery
Onthou Kos Nav Image 1

Onthou Kos

$2.99 $3.00


Tags:

Afrikaans Kookboeke Nie-fiksie Volwasse


Categories:

Volwasse: Kookboeke
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Watter kos maak jou nostalgies? Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Wat sal jy jou ma vra om vir jou te maak as jy iets uit haar resepte kon kies? Kos wat lekker herinneringe oproep, hetsy of jou ma, ouma of iemand anders in die familie dit gemaak het.

 

Atta Jantjies van Piketberg vertel dat haar kinders vra vir Appelkooshoender vir Sondag-kos, maar haar Lintnoedellasagne is oral-oor bekend. Cass Abrahams het in Suid-Afrika baie min bekendstelling nodig. Sy het ’n gawe om onbeskryflik geurige kos te kan maak soos min haar kan nadoen. As jy dit nog nie geproe het nie, is dit moeilik om sulke besonderse smake te kan visualiseer. En visualiseer is volgens haar presies wat jy in haar kombuis moet kan doen. Sy leer die personeel in haar kombuis om met ‘ruik en proe’ haar resepte te kan nadoen. Cas vertel ons onder andere hoe om Denningvleis, Pinang-kerrie en Boeber te maak. Ina Paarman se onfeilbare Gebakte kaaskoekresep word ingesluit en Annatjie Melck van Muratie wys hoe om ’n Skaapkop te bak soos haar ma haar geleer het.

Alhoewel die resepte as tradisionele Suid-Afrikaanse kos geklassifseer kan word, word waar moontlik dit met ‘n moderne interessantheid voorgesit.