🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Onthoukos (Clover) Image 1
View Media Gallery
Onthoukos (Clover) Nav Image 1

Onthoukos (Clover)

$6.99 $7.99


Tags:

Afrikaans Kookboeke Lapa Nie-fiksie Volwasse


Categories:

Volwasse: Kookboeke
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede!
Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie!
As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker.
Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!