Raai, raai, riepa!
geel is my piepa,
groen is my doedelsak
waaraan my piepa hang. (Die antwoord? ’n Wortel!)
Raai raai riepa is ’n versameling van Afrikaanse raaisels wat enigiemand sal laat kopkrap. As jy heeltemal in die duister is oor die antwoord op die raaisel, kan dit agter in die boek opgesoek word.
Die tweede deel van Raai raai riepa bevat grappige tongknopers of snelseêrtjies wat jou tong se ratsheid behoorlik sal toets. Probeer hierdie tongknoper so vinnig opsê as wat jy kan:
My liewe neef Louw,
my neus jeuk nou.
Jeuk my liewe neef Louw
se neus ook nou?
Raai raai riepa is ’n boek vir oud en jonk en sal sorg vir eindelose vermaak op die langpad, op gesinsvakansies, op partytjies of op ’n rustige aand tuis.