🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Siembamba (Boekpak) Image 1
View Media Gallery
Siembamba (Boekpak) Nav Image 1

Siembamba (Boekpak)

$12.99 $15.00


Tags:

Afrikaans Age 8 - 10 Kinders Lapa Latest
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.
Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is ’n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.” Hierdie is beslis ’n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.