In jou poging om tred te hou met vandag se gejaagde lewenstyl, kan dit maklik wees om dit wat die kern van jou lewe as gelowige is, uit die oog te verloor - God se liefde vir jou en sy gebod dat jy na ander moet uitreik in liefde.
In hierdie kragtige boek voorsien Joyce Meyer die leser van Bybelse insig en put uit haar eie persoonlike ervarings om te illustreer hoe God haar lewe verander het. Sy stel ook die leser voor aan 'n lewe gevul met God se liefde - liefde wat jou nie net seen nie maar ook motiveer om ander lief te he.