Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleur illustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD. In Boek 1 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken.
Kom luister, lees en leer saam!