Hierdie resepte is ontwikkel om maklik gebruik te kan word vir ’n verskeidenheid allergiese toestande. By elke resep is aangedui of dit vry is van: koring, gluten, mielies, eier, melk, laktose, soja, kleur- en preserveermiddels. Voorstelle by van die resepte kan help om met geringe wysiging ’n resep nog meer geskik te maak.
Daar is moeite gedoen met die keuse van bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar en vrylik beskikbaar is. Die omvattende inleiding verskaf noodsaaklike inligting aangaande allergieë en voedselsensitiwiteit.