Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en die bestanddele is vrylik beskikbaar.
Ou gunstelinge word op 'n vars, nuwe manier aangebied en talle nuwe geure en smake word bekendgestel - heerlike kuierkos vir vriende en familie. Alternatiewe gaarmaakmetodes word vir die meeste resepte voorgestel wat dit 'n wonderlike bron van inligting vir vakansies en al fresco-onthale maak. Dit sluit die stoof, oond, mikrogolf, prutpot en kosmaak oor die kole in. Die meer as 200 resepte bestaan uit eenskotteltreffers vir hoofmaaltye, ontbyt, quiches, pastageregte, hoofmaaltye sonder vleis, roerbraaigeregte, slaaie, poedings en heerlike, praktiese resepte vir stukkonfyt.