Tussen die bome langs die Limpoporivier wag daar allesbehalwe ’n rustige kampvakansie …
’n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgeleë boswêreld is nie net vir dié vriende aanloklik nie. Vir ’n meedoënlose smokkelbende is dit die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskop en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie.
Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink én optree …