Daar wag 'n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI!
Kort voor lank is selfs die weermag op die toneel. Dennis is die enigste een met 'n plan om 'n ramp te voorkom ...
'n Skreeusnaakse storie vir beginnerlesers, in maklik verstaanbare taal geskryf, met prettige volkleur-illustrasies deur die talentvolle Zinelda McDonald.