'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.