Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken – en hy gaan wegloop om sy punt te bewys. Ongelukkig is die lewe van ’n straatkat nie heeltemal wat Aristoteles verwag het nie … Hierdie snaakse, avontuurbelaaide storie word uit die perspektief van Aristoteles die kat vertel, en is briljant deur die veelbekroonde Kobus Geldenhuys uit die oorspronklike Duits vertaal.