Leer kinders hoe om hulle nagmerries op hulle maermerries te skop. Hulle ontmoet vir Jaco, “’n vriendelike maat wat lekker speel en lekker lag”, maar saans neem sy verbeelding oor en word elke skaduwee en geluid iets om voor skrikkerig te wees. Mamma en Pappa troos so al wat hul kan, maar Jaco bly bang. Gelukkig is Ouma daar, en sy het net die regte raad om Jaco te oortuig dat hy saans veilig in sy huis kan bly.