Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Haaie en ander seediere Hierdie titel stel kinders aan die wonderwêreld onder die branders bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite.
Ontmoet oulike harlekynvisse, spelerige dolfyne, honger haaie en al hul ander seelewende maats in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Vind uit hoe om jou eie jellievisse te maak en ontwerp pragtige papierbord-harlekynvisse, terwyl jy die kleurvolste karakters in die see leer ken.