🎁 Final Month Special: 15% OFF + Free Shipping on Most Items! Don't Miss Out - Shop Now! ✨

Shopping Cart

Sub Total: $0.00
Total: $0.00
Checkout

Search Products

Karlien kan nie Kook nie! Image 1
View Media Gallery
Karlien kan nie Kook nie! Nav Image 1

Karlien kan nie Kook nie!

$16.00 $18.99


Tags:

Afrikaans Kookboeke Lapa Nie-fiksie Volwasse


Categories:

Volwasse: Kookboeke
Estimated Delivery:
0 people are viewing this right now
Guaranteed Safe Checkout
Trust
Trust
  • Description

Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!