Griet is nie lus om te gaan wei nie. Dis so vervelig! Dan kry sy n blink plan: Sy gaan swem! Daar is net n klein probleempie - Griet kan nie swem nie! Maar toe val Mevrou Eend se kleinste kuikentjie in die dam en Griet spring agterna om die kuikentjie te red...